Die Vrystaat weet hoe om ‘n lekker jol te hou, en hierdie jaar is geen uitsondering nie. Op 8 Februarie 2025 is dit weer tyd vir die Vrystaat Vlaktes Rally & Fees, waar petrolkoppe, avontuurlustiges en feesgangers bymekaar kom vir ‘n dag vol aksie, stof en goeie vibes.
![](https://static.wixstatic.com/media/01b15c_2d520722dc7d417fa58d9a0646ae38d7~mv2.jpg/v1/fill/w_980,h_980,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_auto/01b15c_2d520722dc7d417fa58d9a0646ae38d7~mv2.jpg)
Waar en wanneer?
📍 Plek: Humansvlakte Plaasskool, langs die R59 tussen Bothaville en Hoopstad
📆 Datum: Saterdag, 8 Februarie 2025
⏰ Hekke open: 07:00
Motorfiets Rally – 2 & 4 wiele welkom!
Vir diegene wat petrol in hul are het, is daar ‘n 60km plaaspadroete om jou en jou bike (of quad) se stamina te toets. Daar is speletjies op roete, plaasdamme en moddergate – want watter plaasroete is nou regtig voltooi sonder ‘n lekker moddergat?
![](https://static.wixstatic.com/media/01b15c_17da33f941ec4bed8646091e05b3fd21~mv2.jpg/v1/fill/w_980,h_1386,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_auto/01b15c_17da33f941ec4bed8646091e05b3fd21~mv2.jpg)
🎟️ Ingang:
R100 per motorfiets
R100 per voertuig
R100 per persoon
Kinders onder 6 jaar gratis!
En moenie jou valhelm vergeet nie – dis ‘n vereiste!
Plaasfees & Vermaak – Pret vir oud en jonk
Vir dié wat nie kans sien vir ‘n modderbad nie, is daar stalletjies, speletjies, musiek en kos op die feesterrein. Daar is ‘n springkasteel, slip ‘n slide en ‘n speelterrein vir die kinders – en natuurlik lekker kos vir die grootmense.
![](https://static.wixstatic.com/media/01b15c_a51b713042d943f4a7fbc5b0894eb26d~mv2.jpg/v1/fill/w_980,h_1386,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_auto/01b15c_a51b713042d943f4a7fbc5b0894eb26d~mv2.jpg)
🎶 Vermaak:
Wentzel van Cfao Toyota sing sy gewilde "Meisie wat kan vasdans"
Armand Steenkamp sorg vir ‘n lekker VIP steak-ete vertoning
🎟️ VIP steak-ete kaartjies: R200 per persoon
(Vooraf bespreking nodig – geen kaartjies op die dag beskikbaar nie!)
Groot pryse en ‘n prysuitdeling
Hou jou off-road skills paraat, want daar is groot pryse op die spel! Die prysuitdeling begin 17:00, net voor Armand Steenkamp die verhoog oorneem.
Belangrike inligting
📍 GPS-koördinate: -27.5259, 26.4601
📩 E-pos: vlaktefees@gmail.com
📞 Navrae: Yolandi – 079 286 4264 / Pieter – 084 030 6141
Maak jou coolerbox reg (R200), bring jou swemklere en kom geniet ‘n dag op die Vrystaatse vlaktes! Sien julle daar!