Potchefstroom gaan hierdie winter ‘n bietjie warmer wees met die Winter Wonderland fees wat van 27 Junie tot 4 Julie by die Abraham Kriel Kinderhuis aangebied word. Hierdie gesinsvriendelike fees beloof hope pret, goeie kos en natuurlik, ‘n indrukwekkende lys kunstenaars.
‘n Week vol musiek
Die musiekprogram het van die land se top kunstenaars, en met ‘n kaartjieprys van slegs R40 per persoon, is dit beslis ‘n bekostigbare aand uit vir almal. Optredes begin elke aand om 19:30 en sluit die volgende talentvolle sangers in:
27 Junie – Eloff
28 Junie – Karlien van Jaarsveld
29 Junie – Brass Echoes
30 Junie – Die Piesangskille
2 Julie – Brendan Peyper
3 Julie – George en Yolandi
4 Julie – Dirk van der Westhuizen
Kaartjies is beskikbaar aan die hek of aanlyn by Quicket: Quicket kaartjies.

Meer as net musiek
Dis nie net die musiek wat mense lok nie. Die Wonderland Mark (soortgelyk aan die gewilde Liggiemark) bied unieke produkte en lekker eetgoed. Verskeie kosstalletjies sorg vir ‘n warm en gesellige atmosfeer met ‘n wye keuse, insluitend:
Kerrie & rys
Boereworsrolle
Corndogs en hotdogs
Slap chips
Sop & broodjies
Mini donuts & pannekoek
Koffie, soetgoed en spookasem
Biltong, droëwors & chilli bites
Samoosas
‘Pik ‘n Wyn’ vir die wynliefhebbers
Pret vir die hele gesin
Vir die kinders (en jonges van gees) is daar ‘n speelarea, georganiseer deur On the Go Events, met springkastele en selfs ‘n movie area vir ‘n bietjie rustige tyd.
Waar en hoe laat?
Datum: 27 Junie – 4 Julie 2025
Tyd: Elke aand van 18:00 – 22:00
Plek: Abraham Kriel Kinderhuis, Kruisstraat, Potchefstroom
Kaartjies: R40 per persoon
Aanlyn kaartjies: Quicket
Winter Wonderland is die perfekte manier om die winter te vier – warm kos, goeie musiek en hope gesinspret. Sien julle daar!
