As jy ‘n rugbyfan is en hou van ‘n lekker kuier met goeie wyn, dan moet jy jou 8 Maart 2025 oop hou! Die Rugby Legendes Aand by Sunwa River Lodge bring ‘n paar van Suid-Afrika se grootste rugbyname saam vir ‘n veiling, geselskap en hope gees.

Waar en Wanneer?
📍 Venue: Sunwa River Lodge, Kopjeskraal Road, Farm 51, Parys,
📅 Datum: 8 Maart 2025
⏰ Tyd: 17:30 vir 18:00
👕 Dress code: Rugbytrui en denim OF semi-formeel
Wie’s daar?
🏉 Rugby ikone:
Naas Botha – ‘n naam wat nie bekendstelling nodig het nie!
Krynauw Otto, Richard Bands & Werner Swanepoel
MC: Gerrie Scheepers (rugbykommentator)
Gaskunstenaar: Pieter Smith
🍷 Veiling:
Eksklusiewe uitgesoekte wyne en rugby-aandenkings gaan onder die hamer – so bring jou beursie en maak seker jy vat iets spesiaals huis toe.
Kaartjies & Besprekings
💰 Prys: R800 per persoon
📞 Bespreek by: 083 270 2404
Kom geniet ‘n legendariese aand vol sportstories, goeie wyn en top geselskap. Dit gaan ‘n aand wees wat jy nie wil mis nie!
#TheGoToGuy #potchefstroom #potchgazette #stroomstories #eventscalendar #rugbylegends