4 Februarie 2025 – Die eerste episode van Sportchefstroom, het amptelik die lug gehaal. Die program, aangebied deur Dircus en The Go-To Guy, beloof om ‘n vars en insiggewende platform vir sportnuus en -besprekings in Potchefstroom te wees.
![](https://static.wixstatic.com/media/b28841_2f1b11006aa648df9638a4647d98eacb~mv2.png/v1/fill/w_980,h_735,al_c,q_90,usm_0.66_1.00_0.01,enc_auto/b28841_2f1b11006aa648df9638a4647d98eacb~mv2.png)
Hierdie episode het gefokus op Hoërskool Ferdinand Postma, ‘n instelling wat bekend is vir sy sterk sportkultuur en indrukwekkende prestasies. Twee sleutelfigure was in die kollig: Charles Louw, die skool se Sportdirekteur, en Donnavan Serfontein, die Rugby Organiseerder en hoofafrigter van die eerste rugbyspan.
‘n Gesprek met Charles Louw en Donnavan Serfontein
Louw en Serfontein het hul ervaring en toewyding tot sport gedeel, asook die uitdagings en suksesse van sportontwikkeling.
Donnavan Serfontein het bevestig dat die skool se rugbyspan reeds in Desember geoefen het en dat hulle volgende week amptelik met hul voorbereidings vir die seisoen begin. Hulle het ‘n driejaarplan vir die rugbyspanne om hul prestasie te verbeter en langtermynontwikkeling te verseker.
Ferdinand Postma is tans deel van‘n kleiner liga, maar steeds met baie geleenthede vir jong spelers. Die spelers kan steeds vir die Luiperds se proewe gaan, aangesien hierdie liga steeds onder die Luiperds se strukture val. Boonop het die span opwarmwedstryde teen groter skole om hul vaardighede en spelpeil te verbeter.
Charles Louw het verder uitgelig dat die skool tans hul krieketovaal opgradeer, met ondersteuning van Noordwes Krieket om hul krieketspanne verder te ontwikkel. Hy het ook verduidelik dat die skool besig is om hul sportfasiliteite stelselmatig te verbeter, met die doel om uiteindelik gala’s en groot sportbyeenkomste aan te bied.
Louw en Serfontein het beklemtoon dat hul visie nie net op prestasie gefokus is nie, maar ook op die algehele ontwikkeling van elke jong atleet – of dit nou op die rugbyveld, krieketveld of in ander sportsoorte is.
![](https://static.wixstatic.com/media/b28841_61a2ae454f684aa3b8d74de0500b75cf~mv2.png/v1/fill/w_980,h_810,al_c,q_90,usm_0.66_1.00_0.01,enc_auto/b28841_61a2ae454f684aa3b8d74de0500b75cf~mv2.png)
Ferdinand Postma se Onlangse Prestasies
Die skool is reeds bekend vir sy sportieve uitblinkers, en hierdie jaar is geen uitsondering nie.
Muurbalsukses 🏆: Ferdinand Postma is onlangs aangewys as die beste muurbalskool in die Potch-liga met ses spanne wat met toewyding aan die liga deelgeneem het.
Akademiese Prestasie 🎓: Buiten sport, het die skool vanjaar sy 25ste agtereenvolgende jaar met ‘n 100% slaagsyfer gevier. Dit is ‘n bewys van hul verbintenis tot beide akademie en sport.
![](https://static.wixstatic.com/media/b28841_fea542ba930149438ea92a114934f0fc~mv2.png/v1/fill/w_960,h_1280,al_c,q_90,enc_auto/b28841_fea542ba930149438ea92a114934f0fc~mv2.png)
Die Toekoms van Sportchefstroom
Met sy energieke formaat en passievolle gaste, het Sportchefstroom ‘n stewige begin gemaak. Dircus, as die gesig van die program, bring ‘n entoesiastiese en goed-geïnformeerde benadering tot sportaanbieding, terwyl The Go-To Guy sorg vir ‘n platform wat sport in Potchefstroom aktief bevorder.
Sportchefstroom is ‘n weeklikse regstreekse uitsending, wat beteken dat sportliefhebbers elke week kan inskakel vir nuwe onderhoude, analises en eksklusiewe kykies agter die skerms van sport in Potchefstroom. Die program bied ‘n unieke geleentheid om plaaslike sportsterre, afrigters en gemeenskapsfigure beter te leer ken en ingelig te bly oor die jongste sportnuus.
Vir dié wat ‘n episode mis hier is die Facebook skakel daarvoor.
#TheGoToGuy #potchefstroom #potchgazette #stroomstories #sportchefstroom