🥏🥏 🥏🥏 🥏🥏 🥏🥏 🥏🥏
Ultimate Frisbee is dalk nie die eerste sport waaraan mense dink nie, maar dié span in Potchefstroom is besig om dinge te verander. Elevation, die klub aan die Noordwes-Universiteit, bring mense bymekaar deur kompetisie, sosiale kuier en natuurlik, ‘n frisbee wat die lug sny.

Waar Alles Begin Het
Elevation is in 2016 begin met die doel om ‘n sosiale gemeenskap te bou. Dit het vinnig gegroei en nou is hulle aktief in nasionale kompetisies. Die span speel gereeld teen ander streke in Suid-Afrika en selfs internasionaal.Hoeveel spelers?
Daar is tans 22 aktiewe lede, maar soos met enige studenteklub kom en gaan mense namate hulle grade voltooi.Wie kan speel? Alhoewel die meerderheid spelers studente is, is daar ook werkende volwassenes en selfs dosente wat deelneem.Hier is n link na die youtube video waar die SA wilddogs teen Duidsland in Nottingham, UK speel. Nel is deel van hierdie wedstryd
Hoe Werk Ultimate Frisbee?
Ultimate Frisbee is ‘n vinnige sport, soortgelyk aan ‘n mengsel van rugby en netbal, maar sonder kontak.
Die basiese reëls:
‘n Speler mag nie hardloop met die frisbee nie.
‘n Speler moet binne 10 sekondes ‘n gooi maak.
Die span moet die frisbee vang in die opponent se eindgebied om ‘n punt te kry.
Dit is ‘n self-geadministreerde sport, wat beteken spelers los besluite self op sonder ‘n skeidsregter.
Hoe groot is die veld? Dit is 100 meter lank (soos ‘n rugbyveld) maar effens kleiner.
Hoeveel spelers per span? Sewe spelers is op die veld op ‘n slag, met reserwes wat uitgeruil kan word.

Elevation en die Internasionale Speelveld
Ultimate Frisbee in Suid-Afrika groei, en Elevation is voor in die ry. Lede van die klub het al deelgeneem aan internasionale kompetisies, insluitend ‘n toernooi in Nottingham en binnekort ‘n span wat in Spanje gaan speel.
Hoe word die span gekies?
Suid-Afrika is verdeel in vier streke.
Daar is proewe waar spelers hul vaardighede wys.
‘n Finale span word deur afrigters gekies ná ‘n reeks oefenkampe.
Waar en Wanneer Oefen Elevation?
🏟️ Liggings:
Wildsportgronde
Wes-kampus van NWU (langs die mediese kliniek)
⏰ Tye:
Maandae en Donderdae vanaf 17:30 tot 18:30
Hoe Kan Jy Aansluit?
Koste?
Sosiale spelers betaal ’n klein daaglikse fooi.
Klublede betaal ‘n jaarfooi
Registrasie by SAFTA (Suid-Afrikaanse Frisbee Assosiasie) is nodig vir toernooie.
Geld wat ingesamel word, help om toernooie, toerusting en klubuitgawes te dek.
Sluit aan by hulle Whatsapp groepie: Hier
Hoekom Speel Frisbee?
Ultimate Frisbee is een van die mees fiksheids-intensiewe sportsoorte! Volgens ‘n studie is dit die tweede mees fiksheid-vereisende sport, net agter onderwater hokkie (ja, dis regtig ‘n ding!). Dit kombineer spoed, uithouvermoë, koördinasie en spanwerk.Wil jy deel wees van ‘n vinnige, dinamiese en prettige sport? Kom sluit aan by Elevation – jy het net ‘n frisbee en ‘n goeie gees nodig!
🥏🥏 🥏🥏 🥏🥏 🥏🥏 🥏🥏
#Sportchefstroom #PotchGazette #TheGoToGuy #StroomStories #Potchefstroom