Potchefstroom - In die hart van ons gemeenskap, waar die klanke van omgee en die vreugde van gee saamsmelt, kondig Die Go-To Guy met trots ons opwindende Liggiefees Poësiekompetisie aan! In samewerking met die Abraham Kriel Kinderhuis, nooi ons jou uit om jou woorde van liefde en ondersteuning te deel en 'n kans te staan om 'n onvergeetlike aand by die betowerende Liggiefees te wen.
'n Fees van Lig en Liefde
Die Liggiefees, 'n jaarlikse liefdadigheidsgeleentheid wat direk bydra tot die Abraham Kriel Kinderhuis, is 'n viering van hoop en gemeenskapsgees. Meer as 200 kinders noem Abraham Kriel 'tuis', 'n plek van sorg en toewyding. Abraham Kriel Kinderhuise se doel is om elke kind die beste moontlike sorg te bied, in 'n wêreld waar hulle dikwels geen ander heenkome het nie.
Wat kry die Wenner
Die wenner van kompetisie kry toegang to die liggiefees, tafel vir 8 mense sowel as die vertoning deur die sangers wat optree, in die geval is dit Jan Jan Jan, dit alles op die 2de Desember 2023
Swaai saam met Jan Jan Jan
Berei jou voor om jou voete saam met Jan Jan Jan, die gewilde 'Boere Boyband' van Boerboel Wear, te swaai. Hulle kenmerkende styl, energieke optredes, en treffers soos 'Wys jou Vleis' sal ongetwyfeld die aand 'n hoogtepunt maak.
Hoe om Deel te Neem
Om deel te neem, skryf 'n kort gedig met welwense aan die Abraham Kriel Kinderhuis en die gemeenskap van Potchefstroom, plaas hierdie gedig in die kommentaar seksie van ons Facebook artikel oor die kompetisie, hier is die skakel: (The Go-To Guy Facebook Blad Skakel) of in die kommentaar seksie hieronder die artikel. Ons soek gedigte wat ons gemeenskap se hart van liefde, deel en omgee weerspieël. Die Go-To Guy-span sal die beste gedig kies, waar die wenner 'n eksklusiewe tafel vir 8 mense by die Liggiefees en toegang tot Jan Jan Jan se musiekvertoning op 2 Desember wen.
'n Geleentheid om Liefde te Versprei
Alhoewel daar 'n wenner sal wees, is elke gedig 'n geskenk van liefde aan ons gemeenskap. Die Go-To Guy is vir Potchefstroom, van Potchefstroom – ons doel is om deur hierdie gedigte ons gemeenskap se gees van saamstaan en ondersteuning te versterk.
Belangrike Datums
Sluitingsdatum: 28 November om 17:00.
Wenner Aankondiging: 30 November op Die Go-To Guy se Facebook-bladsy.
Voorwaardes en Regulasies
Terwyl ons die kreatiewe vryheid vier, behou ons die reg voor om enige inskrywings wat nie by die gees van Kersfees en gemeenskapsorg inpas nie, te verwyder. Ons mag ook die verskillende gedigte op ons kanale deel as publieke informasie. Onthou die besluite van die beoordelaars is finaal, en kaartjies kan nie vir kontant omgeruil word nie. Alle reëls en regulasies van die Liggiefees-organiseerders moet nagekom word.
Sluit aan by ons in hierdie fees van lig en liefde, waar elke gedig 'n straal van hoop en omgee in ons gemeenskap sal wees. Deel jou hart, wen wonderlike pryse, en vier die seisoen van gee saam met Die Go-To Guy by die Liggiefees!
Meer Inligting oor die Fees
Ons het artikel wat alles oor die fees vertel en alle vrae probeer berantwoord en waar jy ook al die verskileende kunstenaars en die dae wat hulle optree kan sien, jy kan hier op volgende skakel gaan loer na daardie artikel: Skakel na Liggiefees Inligting.
Jy kan ook na die Liggiefees se webwerfgaan kyk op hierdie skakel: Skakel na Liggiefees Webblad
En hier kan jy gaan loer na die Abraham Kriel Kinderhuis se webblad: Skakel na Abraham Kriel Web
n vrye vers : Die LIG in dir donker
Kom kyk . Kom kyk
Wat n sprookies verhaal van lig!
Maar dit is net n lig
Daar is biljoene van die liggies maar sien jy daai een liggie raak
Die een wat straal van liefde,die een wat die dag aanpak met liefde, die EEN wat alls net regmaak .
Kyk jy na my soos wat ek na jou kyk
Die doker daar buite die swaar en hartseer van mens is dit hoe jy na my kyk ?
Want al wat ek sien is die geluk van die mens
Die opstaan van n dorp
Die getrou en liefde vir mekaar
Skyn jou lig
Helderder as die res want soms raak dit donker
En net een van daai liggies maak n oomlik weer reg
.... Wees die lig vir mekaar ....
Junior Wiese
In die stroom...Potchefstroom.
By die fees...die liggiefees.
In die stroom is ek dalk net 1 student.
Dié 1 student wat glo dat ek ander kan raak met
my lig wat skyn.
Die liggiefees in my hart vloei soos Mooirivier
vloei onder die mall se fondasie, waar peuters, kleiters, skooliëre, studente, ouers en grootouers rond skarrel. Dalk skryfbehoeftes vir 'n nuwe gr1 of dalk nuwe klere vir 'n 1ste jaar student.
Dié 1 student bly elke jaar so rukkie langer net om by Abraham Kriel se liggie tonnel te kan af stap in verwondering met die life musiek wat in die agtergrond speel.
Families wat hand-aan- hand daardeur stap met die kinders wat vooruit baljaar.
Wat 'n fees om by die liggiefees te kan wees.
Is ons verkeerd om al November opgewonde te raak vir watter verrassings Abraham Kriel vir ons bring die volgende maand?*
Ons beleef dit dalk net 1 maal 'n jaar, maar ons sê net bye tot volgende jaar.
Dié 1 student sal deur Potch ry na haar finale jaar, net om die liggies en Potch se fees nog 1 maal te ervaar.
Welkom by die fees, die lighiefees. By die stroom...In Potchefstroom.
~ Mariné de Villiers