Om jou troeteldier by jou troue in te sluit is 'n fantastiese manier om seker te maak jou spesiale dag is onvergeetlik, persoonlik, en propvol liefde. Vir baie paartjies is hulle troeteldiere meer as net diere; hulle is ware lede van die gesin. Maar hoe sorg jy dat jou vierpotige vriend deel is van jou groot dag sonde? Hier is 'n gids met oulike maniere om jou troeteldiere by jou trou vieringe te betrek.
Foto: The Go-To Guy Creations
Voor die Troue
1. "Save-the-Dates" en Uitnodigings: Begin deur jou troeteldiere in jou "save-the-date" foto's en uitnodigings te gebruik. 'n Kreatiewe foto van julle almal saam kan dadelik 'n glimlag op jou gaste se gesigte sit.
2. Verloofingsfoto's: Betrek jou troeteldiere in jou verloofingsfoto's vir 'n spesiale en liefdevolle oomblik. Dit help ook om hulle gewoond te maak aan die kamera en vreemde mense voor die groot dag.
Foto: The Go-To Guy Creations
Op die Troudag
3. Cake Toppers: Wie sê jou troukoek toppers moet tradisionele figuurtjies van julle twee wees? 'n Persoonlike cake topper wat jou troeteldiere uitbeeld, saam met julle, kan maak vir 'n regtig unieke koek.
4. Ringdraer: Laat jou hond of ander goed opgeleide troeteldier die ringe dra. Dit is nie net ongelooflik oulik nie, maar ook 'n baie spesiale oomblik vir almal.
5. Dansvloer Open: Laat jou troeteldier die dansvloer saam met julle open. Dit kan die perfekte manier wees om die feesvieringe te begin met 'n glimlag.
6. Tema vir Kos en Drankies: Gebruik jou troeteldier as inspirasie vir sommige van jou kos en drankie keuses. Dink aan 'n "paw-tini" cocktail of 'n troeteldier-geïnspireerde peuselhappie.
7. Dankie-sê Geskenke: Skep persoonlike dankie-sê geskenke wat jou troeteldiere insluit, soos 'n klein sleutelhouer of 'n foto van jou troeteldier op die troue. Dit kan selfs honde koekies wees, wat jou woef van hou, vir die gaste wat self diere by die huis het.
Foto: The Go-To Guy Creations
Praktiese Wenke
Vooraf Oefening: Maak seker jou troeteldier is gemaklik met hulle rol voor die troue deur vooraf te oefen en hulle bekend te stel aan van die gaste.
Veiligheid Eerste: Oorweeg dit om iemand as 'n troeteldier-begeleier aan te stel vir die dag om na jou troeteldier om te sien.
Berei 'n Plekkie vir Hulle Voor: Maak seker dat daar 'n stil plek is waar jou troeteldier kan rus as die feesvieringe te oorweldigend raak.
Ná die Troue
8. Troeteldier Insluiting in die Honeymoon: As dit moontlik is, neem jou troeteldier saam op julle honeymoon of reël 'n spesiale uitstappie net vir hulle wanneer julle terugkom.
9. 'n Plek in die Trou Album: Maak seker jou troeteldier kry 'n spesiale plek in jou trou album. Dit is 'n wonderlike manier om hul deelname te herdenk.
Deur jou troeteldier by jou troue in te sluit, voeg jy nie net 'n laag van persoonlike sjarme by nie, maar jy vier ook die belangrike rol wat hulle in jou lewe speel. Met 'n bietjie voorbereiding en kreatiwiteit kan jou troeteldier jou troue omskep in 'n onvergeetlike dag vol liefde en lag. En onthou, die sleutel is om pret te hê en elke oomblik saam met jou furry vriend te koester.