Om 'n troue in drie maande te beplan, klink miskien soos of jy besluit het om Everest te klim. Maar moenie vrees nie! Dit is heeltemal doenbaar, mits jy 'n plan het, vinnig op jou voete kan dink, en natuurlik, 'n goeie sin vir humor het. In hierdie gids gaan ons jou wys hoe om jou groot dag in net drie maande te reël. Dink daaraan as die "nooduitgang" van troubeplanning - vinnig, met 'n paar onverwagse draaie, maar jy sal steeds veilig by jou bestemming uit kom. So, haal diep asem, gryp jou notaboek (of jou foon, ons leef immers in die 21ste eeu), en kom ons spring aan die werk.
Foto: The Go-To Guy Creations
3 Maande Voor Jou Troue
Maak seker alles is wettig - dit is noodsaaklik om die eerste te doen!
Stel 'n gaste lys op
Stel n datum vas
Bespreek jou venue
Stuur 'n "save the date" boodskap via sms/e-pos na al jou gaste
Bespreek 'n seremoniemeester en n trou offisier
Huur 'n troubeplanner (indien nodig)
Bespreek 'n spysenier
Bespreek 'n fotograaf en videograaf
Bespreek 'n band en/of DJ
Bespreek 'n bloemiste
Bestel jou rok - baie bruidswinkels beskou enigiets minder as ses maande as 'n "rush order"
Vra jou strooimeisies om deel te wees van jou troue en begin hulle uitrustings reël
Kontak huur-, dekor-, en beligtingsmaatskappye
Bestel jou troukoek
Doen navorsing oor skryfbehoeftes vir jou uitnodigings
Bespreek trouverblyf
2 Maande Voor Jou Troue
Bespreek jou wittebrood (Kyk dat julle paspoorte reg is en reël inentings indien nodig)
Stuur jou troudaguitnodigings uit en versamel die RSVP's
Beplan jou seremonie
Bespreek jou seremoniemusikante of DJ
Kies 'n datum vir jou bachelorette en bachelor partytjie (‘n gesamentlike een is 'n goeie idee as jy vir tyd gedruk is)
Reël 'n haar en grimeringproeflopie en maak besprekings vir die trou dag
Bespreek trouvervoer
Koop trouringe
1 Maand Voor Jou Troue
Finaliseer jou trourok; onderklere, skoene en bykomstighede
Doen jou finale aanpassing van jou rok
Finaliseer jou strooimeisies se uitrustings
Bevestig al die reelings vir die blomme en dekor
Maak 'n plan vir die opstel en afbreek van jou troue
Stel 'n tydlyn op van die troudag
Bespreek enige laaste-minuut skoonheids afsprake
Doen 'n spyskaartproe en finaliseer die spyskaart
Reël geskenke vir familie, troupersoneel of enige helpers
Voltooi enige DIY projekte
Kyk weer na die finale RSVP lys en bel enige gaste wat nog nie iets laat weet het nie
Twee Weke Voor Jou Troue
Bel al jou trouverskaffers om reëlings te bevestig
Bevestig die getal gaste met jou venue en spysenier
Maak die tafelplan
Verskaf die venue of beplanner met enige verskafferversoeke
Finaliseer seremonieboekies, spyskaarte, naamkaartjies, plekkaartjies ens
Die Week Van Jou Troue
Bevestig die tydlyn van die dag met die troupaartjie, strooimeisies, strooijonkers en verskaffers
Gee die venue koördineerder, beplanner of troupersoneel jou tydlyn en die kontakbesonderhede van alle verskaffers
Doen 'n volledige trourok aanpassing van die onderklere tot die sluier
Laat die bruidegom sy pak aan pas; en maak seker jy het alles van die das na die kouse en knope
Pak 'n oornagsak vir na die onthaal
Pak vir die wittebrood
Maak enige laaste-minuut bevestigings/veranderings met verskaffers
Maak bankoorplasings of reël kontant vir enige finale fooie wat op die dag betaal moet word
Die Dag Voor Jou Troue
Laai die plekkaarte, tafelkaarte, spyskaarte, tafelplan, en dekor af by die venue of by jou troubeplanner.
Verskaf alle verskaffers met 'n noodnommer om op die dag van die troue te bel as jy nie beskikbaar is nie
Maak seker die koek is op koers om by die onthaal afgelewer te word - laat iemand anders hierdie een hanteer!
Struik enige seremonie details uit en maak seker alles loop volgens plan.
Ontspan en geniet 'n lekker ete
Kry 'n goeie nagrus in!
En daar het jy dit, jy het jou troue beplan soos 'n pro! Onthou, die belangrikste deel van 'n troue is nie hoe lank jy gevat het om dit te beplan nie, maar die liefde, lag, en herhinderinge wat jy deel op jou groot dag. As iets nie volgens plan verloop nie maak dit die dag net meer onvergeetlik en 'n storie om eendag vir die kleinkinders te vertel. So, haal asem, glimlag, en weet dat aan die einde van hierdie mal trou-marathon, wag daar 'n stukkie koek (hopelik) en 'n splinternuwe avontuur- jou huwelik.