As Die Donkie Kon Praat - Uirstalling deur The B Gallery

Contact Info:
Website:
Facebook:
Telephone:
E-Mail:
WhatsApp:
Share this:
018-462-9155
thebgallery.co.za
Event Info:
Date/s:
City/Town:
Venue:
Ticket Pricing:
Ticket Site:
Apr 11, 2025
Klerksdorp
6 Michael St, Wilkoppies, Klerksdorp, 2571, South Africa
Gratis toegang
Gratis toegang
Vanaf Vrydag 11 April @ 19:00. Vir die van julle wat in Klerksdorp en omgewing woon (of die mense wat bereid is om 'n bietjie verder te ry), maak seker om hierdie een by jou kalender te voeg.
Min mense sien die belangrike rol van die donkie in Die Bybel en hierdie uitstalling wil die gesprekke rondom sy rol vestig en deur middel van kuns bewerkstellig.
Die donkie is ’n sentrale figuur tydens paasfees en sy nederigheid en eenvoud het The B-Gallery in Klerksdorp geïnspireer om die donkie ook die fokus van ’n besonderse uitstalling te maak. “As die Donkie kon praat” open 11 April by 6 Michaelstraat in Klerksdorp en Lizette Havenga nooi almal om die aand te kom ondersteun.
The B-Gallery is die eerste kunsgalery in sy soort in Klerksdorp waar kunstenaars van omliggende gebiede hul werk kan uitstal. Die galery bied ’n aanlynplatform vir plaaslike kunstenaars om hul werk internasionaal te vertoon en sodoende ’n inkomste te genereer.