Chris Chameleon - Ek Herhaal Jou Weer - by Loop St

Contact Info:
Website:
Facebook:
Telephone:
E-Mail:
WhatsApp:
Share this:
Riaan: 082-571-8557
Riaan: 082-571-8557
Event Info:
Date/s:
City/Town:
Venue:
Ticket Pricing:
Ticket Site:
Apr 23, 2025
Potchefstroom
37 Loop St, Potchefstroom, 2520, South Africa
R299.00 per person
Riaan: 082-571-8557
Chris Chameleon betower ons weer met sy unieke klank wat net hy kan bring ✨
📆 Woensdag, 23 April 2025
🕰️ 19:00
🎟️ R299
Whatsapp Riaan op 0825718557 om te bespreek.
Chris Chameleon, een van Suid-Afrika se mees geliefde kunstenaars, vier in 2025 die 20ste herdenking van sy grensverskuiwende album, Ek Herhaal Jou.
Hierdie ikoniese album, wat Ingrid Jonker se poësie met aangrypende toonsettings en roerende melodiëe vereer het, het die Afrikaanse musiekbedryf onherroeplik verander en het een van die land se mees beduidende kulturele momente geword.
In sy eerbetoon aan Jonker en haar tydlose werk, het Chris besluit om hierdie spesiale herdenking te vier met die konsertreeks 'Ek Herhaal Jou Weer'. Chameleon sal met sy besondere vertelkuns gehore terugneem na die begin van 2005, toe byna alle aspekte van sy lewe in duie gestort het en die lewensdrama waaruit hierdie album ontstaan het met ‘n skaterlag betraan uitlê. Die program sluit ook in “die toonsettings wat nie die album gehaal het nie” - ‘n verrassingsfees van toonsettings wat nog nooit vantevore gehoor nie.
Kom en wees deel van die magiese ervaring Woe 23 April by Loop st in Potchefstroom.
Vertoning begin 19h00
Kaartjies beskikbaar via Riaan: 082 571 8557
"Ek wil vir Ingrid weer uitdie see roep en ons mooiste oomblikke herleef," sê hy