top of page

Gratis Kunslesing deur Dr. Louisemarié Combrink

Music Festival

Contact Info:

Website:

Facebook:

Telephone:

E-Mail:

WhatsApp:

Share this:

Venessa 071-331-7029

Venessa 071-331-7029

Event Info:

Date/s:

City/Town:

Venue:

Ticket Pricing:

Ticket Site:

Nov 21, 2024

Potchefstroom

2 Kock St, Potchefstroom, 2520, South Africa

Gratis toegang

Gratis toegang

Dr. Louisemarié Combrink, NWU kunsgeskiedenisdosent, gee 'n lesing oor installasiekuns en hoe om dit te waardeer. Sy gebruik onder meer Jan van der Merwe, een van SA se bekendste installasiekunstenaars, se kunswerk, "It's cold outside" as voorbeeld en deel 'n interpretasie waarin die kunstenaar hulde aan sy gestorwe ma bring. Volgens haar is die kunswerk aangrypend en nostalgies: "...as die kunstenaar se eie vertellings ook by die interpretasie ingetrek word, is dit 'n storievertel-werk wat spreek van verlies, deernis en weemoed." Combrink vra ook die belangrike vraag wat van toepassing is op kunstenaars wat stories vanuit hulle eie lewenswêreld vertel: "hoeveel van die werk se betekenis is verstaanbaar en toeganklik sonder hierdie persoonlike storie as agtergrond tot die werk?"
Die lesing word aangebied in samewerking met die Potchefstroomse Kunsvereniging. Almal wat belangstel om dit by te woon, is welkom - toegang is gratis. Vir navrae kontak, Venessa van der Westhuizen 071 331 7029.

bottom of page