Gemeenskap en besighede reik uit na bejaardes by Immergroen en Harmonie
- Karen Scheepers
- 7 hours ago
- 4 min read
Inwoners van die Immergroen en Harmonie aftree-oord in Potchefstroom het onlangs broodnodige hulp ontvang nadat dit bekend geword het dat talle van die fasiliteite in dié komplekse vervalle is en verskeie basiese noodsaaklikhede ontbreek.

Immergroen en Harmonie, wat funksioneer as een aftree-oord, huisves hoofsaaklik bejaardes wat op SASSA-toelaes staatmaak. Met ‘n maandelikse inkomste van sowat R2 300, moet inwoners hul huur, kos en elektrisiteit self dek. Gegewe dié beperkte hulpbronne en die gebrek aan bystand vanaf die munisipaliteit, verkeer baie van die inwoners in moeilike omstandighede.

Geysers en brandblussers skep onmiddellike verligting
The Go-To Guy het twee 150-liter-geysers geskenk om inwoners te help wat nie toegang tot warm water gehad het nie. In totaal was daar ses geysers in die kompleks wat foutief was, en hoewel drie reeds vervang is, is nog drie benodig. Die inwoners is dankbaar vir die geysers wat hulle reeds ontvang het.
Daarbenewens het Build It Potchefstroom twee brandblussers geskenk nadat dit aan die lig gekom het dat daar geen op die perseel was nie.

Ernstige instandhoudingskwessies
Benewens die warmwaterprobleme en brandveiligheid, is daar verskeie ander infrastruktuurkwessies in die oord. Sonkragligte, wat as ‘n alternatiewe ligbron dien, het ophou werk nadat water ingekom het. Geute is beskadig, krane lek, en sommige dakke is geroes.
In baie gevalle herstel inwoners self beskadigde krane of toerusting, aangesien daar tans geen reaksie vanaf die munisipaliteit is nie. Die wagte op die perseel het egter geen behoorlike skuiling nie , hulle sit in weer en wind, en het regtig'n eenvoudige waghuisie nodig. 'n Klein strukture met plek vir ‘n stoel en tafeltjie sal voldoende wees.

Veiligheids- en netheidskwessies
Agter in die perseel by die palisade-omheining is daar ‘n boom wat nie gesnoei word nie – iets wat beskou word as ‘n moontlike toegangspunt vir indringers. Ander bome op die perseel moet ook gesnoei word.
Daar was ook ‘n poging van inwoners om paving vir die agter kant van die perseel aan te bring, maar dit het tot dusver nie gerealiseer nie. Albert Vervoer help egter een keer per jaar met as wanneer dit moontlik is om die area te verbeter. Buddy's Tuindienste help soms met skoonmaak van die terrein.

Gemeenskaplike betrokkenheid groei
‘n Gemeenskapsinisiatief het op Saterdag 30 Maart plaasgevind waartydens lede van Wyk 7, insluitend DA-raadslid Andre Klopper, saam met inwoners en gemeenskapslede die terrein by die brug skoongemaak het. Klopper is aktief betrokke by die inwoners van Immergroen en Harmonie en probeer deurlopend bystand bied.
Volgens Klopper vind daar elke tweede week ‘n Community Clean-Up Project plaas waar areas in Die Bult skoongemaak en netjies gehou word. Hy het ook genoem dat daar beplan word om in Junie ‘n Markdag te hou om fondse in te samel vir die herstel van die heining en die moontlike installasie van ‘n elektriese omheining vir Immergroen en Harmonie aftree-oord. Meer inligting hier oor sal later verskaff word.

Skakel met Wyk 7
‘n WhatsApp-groep vir inwoners van Wyk 7 en Die Bult-area is beskikbaar vir dié wat graag betrokke wil raak by soortgelyke gemeenskapsprojekte of bystand wil verleen.
Oproep tot bystand
Verskeie van die probleme waarmee inwoners tans sukkel kan opgelos word met die hulp van die breër gemeenskap. Enige individu, organisasie of besigheid wat ‘n bydrae wil maak – hetsy finansiëel, met toerusting, tyd of arbeid – word aangemoedig om met The Go-To Guy in verbinding te tree., of los net 'n kommentaar om gekontak te word.
Die stoire: 1 April 2025
Opvolg Storie, 8 Arril 2025
Brandveiligheid kry aandag by Harmonie en Immergroen
Na byna twee dekades sonder instandhouding, is die brandblusapparaat by die Harmonie en Immergroen ouetehuise in Potchefstroom onlangs volledig gediens en hervul. Die laaste diens van hierdie toerusting was in 2003.

Die diens is moontlik gemaak danksy 'n gemeenskapsinisiatief en die ondersteuning van Fest Fire and Safety, onder leiding van David Mann, wat ingestem het om die werk gratis aan te bied. In totaal is 21 brandblussers en 2 brandslangrolle gediens en hervul – ‘n belangrike stap om die veiligheid van die inwoners te verbeter.

Beide Harmonie en Immergroen huisves ouer inwoners wat grootliks afhanklik is van SASSA-toelaes en beperkte munisipale ondersteuning. Die kompleks is al geruime tyd in die kollig vir infrastruktuuruitdagings en 'n gebrek aan basiese instandhouding.
Die ondersteuning van Fest Fire and Safety is dus nie net ‘n praktiese bydrae nie, maar ook ‘n sterk gebaar van gemeenskapsbetrokkenheid en omgee. Inwoners en betrokke rolspelers het hul dankbaarheid uitgespreek vir die diens en die aandag wat aan die veiligheid van die perseel gegee is.

Die opgradering van die brandveiligheidstoerusting volg op ander inisiatiewe soos die skenking van geysers en opruimaksies in samewerking met plaaslike organisasies en lede van die gemeenskap.
Hierdie jongste bydrae word gesien as nog 'n positiewe stap in die regte rigting om die lewenskwaliteit en veiligheid van die inwoners van die JB Marks Munisipaliteit se ouetehuise te verbeter.
Коментари