Gimmies Landlopers Blink Uit by NWU-Prestige
- Yolandi Botes
- 1 hour ago
- 1 min read
👟👏👟👏👟👏👟👏👟👏
Gimmies se landloopatlete het hulle staal gewys tydens die onlangse NWU-Prestige-sportreeks. Die span het algeheel ’n vierde plek behaal en weer eens bewys hulle kan met die beste in Noordwes kompeteer.

Xanté Harris Vat Goud 🥇
Die hoogtepunt van die dag was sonder twyfel Xanté Harris wat eerste oor die wenstreep gehardloop het in die o.15-wedloop. Haar prestasie was beslis een om te onthou.

Dogterspan Maak Hul Merk 🥈
Die o.15-dogterspan het uitstekend gevaar en eindig in ’n indrukwekkende tweede plek. Hierdie groep se harde werk is beslis besig om vrugte af te werp.
Ander Opvallende Resultate
Die o.15-seunspan eindig agtste.
Die o.19-dogterspan behaal ’n stewige vyfde plek.
Die o.19-seunspan verwerf ’n sewende plek.
Image: Potcfstroom Gimnasium
Trots op Ons Atlete 💚
Gimmies is baie trots op elke atleet wat deelgeneem het. Hulle deursettingsvermoë en vasbyt het hulle skool se naam hoog gehou. Ons sien uit na die volgende uitdaging! Hou aan om julle beste te gee. 🏃♂️
Comments