top of page

Blog and News Post The Go-To Guy

Kom ons praat musiek

Musiek en Ons Siel

Kyk as daar nou een ding is wat die mens se hele siel kan beinvloed is dit musiek, kyk maar net hoe goed voel mens as mens ń lekker liedjie vroeg in die oggend hoor, jou hele dag raak sommer beter, of hoe lekker mens kuier by plek waar daar lekker musiek in agtergrond speel, en ook hoe mens skielik vol heimwee kan raak as jy dalk daardie hartseer liedjie hoor wat vir jou diep herrininge terugbring.


Ons Beste Liedjies

My beste liedjie bly nog steeds "I want to break free" deur Queen, en laat my terug dink aan toe ek 16 was, stoutgat was en weg gehardloop het van die huis af na ń partytjie toe, en die pad Evander toe geryloop het, tot die polisie my opgetel het en my vertêl het ek soek vir moeilikheid om so te ryloop, hulle het my toe in Evander gaan aflaai, maar hierdie skrywe vandag is nie om oor my stoutgat dae te praat nie, maar oor die nuwe musiekhoekie wat ons hier by The Go-To Guy gestig het.


Die Musiek Hoekie

Die musiekhoekie word behartig deur Braam Coetser van Lyrimus hier in Potchefstroom en het ń paar doelwitte wat ons graag wil bereik, hier is kort lys van hierdie doelwitte:

  • Bo aan die lys is om bietjie meer insigte oor musiek te gee, en spesifiek om Potchefstromers te kry om daai talente van hulle te ontwikkel, saam te gesels en oorhoofs musiek te bevorder as belangrike deel van ons ontwikkeling as mens.

  • Ons wil graag lokale musikante wat daarvan droom om instrumente soos kitaar te speel of dalk hulle sangdrome te bevorder ondersteun, en uitnooi om daardie eerste stappies te vat.

  • Ons wil graag lokale musikante en groepe die kans gee om ook deel van die gesprek te word, en ń platform te gee waar hulle Potchefstroom meer oor hulleself te vertel, hoe om hulle te bespreek vir funksies en oor die algemeen hulle ondersteun om meer blootstelling te kry, ons sien veral ń gaping vir musikante om by troues en funksies op te tree en by besighede in die dorp en omliggende areas, daar is werklikwaar groot geleentheid.

  • Ons wil musiek uitbring in Potchefstroom, en waar ons kan ń verskil maak om ons gemeenskap se musiekbedryf te bevorder.


Braam se Skrywe

Braam sal gereeld daar op die blad artikels skryf, soos dit in sy gedagtes opkom, en ons sal hom ondersteun deur ook heeltyd by te staan waar ons kan, ons nooi Potchefstroom ook uit om daar te gaan gesels oor musiek en werklikwaar enige musiek gesprekke daar te voer.


Musikante en Potchefstroom Bydrae

Dit sal fantasties wees as almal wat iets met musiek doen ook daar kan gaan kyk, bydrae, kommentaar lewer, stories vertel, en sommer net lekker gesels oor musiek en ons nooi almal uit om daar bymekaar te kom.


Die Streeks Kalender

Verder het ons ook ń baie aktiewe streeks kalender op The Go-To Guy se blad waar ons graag meer lokale musikante en hulle "Gigs" wil opsit om hulle funksies te ondersteun, en ons werk tans aan paar ander dienste wat ons beplan om in 2023 bekend te maak wat ook geskoei is om lokaal te ondersteun, "local is tog lekker"


Relevante Skakels:






210 views
bottom of page