Volkies krieketspelers skitter by Noordwes-toekennings
- Yolandi Botes
- 7 days ago
- 1 min read
🏏 🎉🏏 🎉🏏 🎉🏏 🎉🏏 🎉
Die onlangse Noordwes Krieket erkenningsfunksie was ’n besondere aand vir Volkies, met twee van ons spelers wat spesiale erkenning ontvang het vir hulle uitstekende prestasies tydens die 2024-seisoen.

Individuele erkenning
Eduan van der Merwe is aangewys as die Noordwes o.17-speler van die toernooi tydens die provinsiale krieketweek. Eduan se prestasies gedurende die toernooi het hom hierdie verdiende toekenning besorg.
Olefa Padi het ook sy merk gemaak deur die Noordwes o.16-speler van die toernooi by die provinsiale krieketweek te word. Sy harde werk en toewyding het beslis vrugte afgewerp.

Spanprestasie – Volkies se o.19-span vat die trofee huis toe 🏆
Die goeie nuus eindig nie hier nie. Volkies se o.19-span het ook weer eens bewys hulle is tops deur die trofee as Noordwes o.19-ligawenners te ontvang.

Volkies sê: Baie geluk! 👏
Ons is baie trots op Eduan, Olefa en ons hele krieketspan se prestasies. Hierdie erkenning wys dat harde werk en passie altyd beloon word.
Volkies sien uit na nog ’n opwindende krieketseisoen vol sukses!
Comments