Volkies se Rugbymanne Leer en Bou op Toer
- Yolandi Botes
- Apr 21
- 1 min read
🏉 🏉 🏉 🏉 🏉 🏉 🏉 🏉 🏉 🏉
Dag 3 van die toer is agter die rug, en Volkies se rugbyspanne hou steeds die gees hoog. Na ‘n sterk begin tot die week, het die manne vanoggend weer langs die see gaan draf en saam ‘n bemoedigende woord gedeel met die tweede span wat voorberei het vir hul wedstryd teen Hilton College.

Taaie Wedstryd teen Hilton
In wat ‘n fisieke en kompeterende wedstryd was, het Volkies se 2des alles gegee teen ‘n sterk Hilton-span. Hulle het karakter gewys en met volgehoue veggees gespeel. Ten spyte van hul harde werk, moes die span uiteindelik die knie buig met ‘n telling van 38–22 in Hilton se guns.
Hoewel die uitslag nie in hul guns was nie, was dit ‘n waardevolle leerervaring wat die span sal help bou aan hul seisoen. Hierdie soort wedstryde vorm die fondament vir groei – as span en as spelers.

Swem en Herstel
Die dag is afgesluit met ‘n herstel sessie by die swembad – ‘n goeie manier om spiere los te kry en gereed te maak vir die volgende uitdaging.

Almal se oë op die Eerstes
Sterkte aan die eerstespan, wat môre hul beurt kry teen Landboudal. Die ondersteuners en spelers hou die trots van Volkies hoog, en daar’s baie om na uit te sien.
🏉 🏉 🏉 🏉 🏉 🏉 🏉 🏉 🏉 🏉
Comentarios