top of page

Goetz-Fleischack Museum

✨🏛️ Die Go-To Guy & Heritage Potchefstroom Erfenis bring geskiedenis tot lewe!
Sluit aan by ons Museum Reeks en ontdek die ryk erfenis en unieke geskiedenis van Potchefstroom.
Elke week verken ons 'n museum of geskiedkundige plek wat die stories van ons verlede vertel. 🎥📜
Hierdie week se fokus:
🏠 Goetz-Fleischack Museum
📍 Hierdie historiese huis, gebou in die 1850's, was die tuiste van Andreas Marthinus Goetz, landdros van Potchefstroom tussen 1870 en 1881. Dit is in 1985 as nasionale monument verklaar en bied vandag 'n kykie in die lewe van daardie era. Die museum spog met uitstallings van meubels, keramiek, kunswerke, en inligting oor Potchefstroom se geskiedenis.
🗓️ Besoekure:
Maandag tot Vrydag
09:00 tot 13:00 14:00 tot 16:00
📞 Kontak: 074 233 6056
018 299 5021
018 299 5032
Volg ons en beleef hoe geskiedenis en kultuur tot lewe kom in en om Potchefstroom! 🔍📸
#TheGoToGuy #StroomStories #PotchGazette #HeritageTour #GeskiedenisLewe #GoetzFleischackMuseum #PotchefstroomErfenis #Potchefstroom

Comments

Share Your ThoughtsBe the first to write a comment.
bottom of page